Geskiedenis van Afghanistan

Die kroning van Ahmad Shah Durrani in 1747 deur Breshna.

Die geskiedenis van Afghanistan, (Persies: تاریخ افغانستان, Tārīkh e Afġānistān, Pasjtoe: د افغانستان تاريخ, Da Afġānistān Tārīkh) as 'n staat begin in 1747 met die oprigting daarvan deur Ahmad Shah Durrani. Die geskrewe geskiedenis van die land wat tans Afghanistan uitmaak, kan teruggevoer word tot ongeveer 500 vC toe die gebied onder die Achaemenidiese Ryk was,[1] alhoewel bewyse daarop dui dat 'n gevorderde mate van verstedelikte kultuur sedert 3000 tot 2000 vC in die land bestaan het.[2][3][4] Bactria dateer uit 2500 vC.[5] Die Indusvalleibeskawing strek tot groot dele van Afghanistan in die noorde.[6] Alexander die Grote en sy Macedoniese leër het in 330 vC na wat nou Afghanistan is, aangekom nadat hulle Persië tydens die Slag van Gaugamela verower het.[7] Sedertdien het baie ryke uit Afghanistan opgestaan, waaronder die Grieks-Baktriërs, Kushana, Heftaliete, Hindoe-Shahi, Saffaride, Samanide, Ghaznavide, Ghuride, Khaljis, Timoeriede, Moghoele, Hotakis en Durranis.[8]

Afghanistan (wat "land van die Afgane" beteken) was deur die geskiedenis heen 'n strategies belangrike ligging.[9] Die land het gedien as 'n poort na Indië, wat die antieke Syroete beïnvloed het, wat handel gefasiliteer het vanaf die Middellandse See tot China.[10] Afghanistan, wat op baie handels- en migrasieroetes geleë is, kan die 'Sentraal-Asiatiese sirkel'[11] genoem word, aangesien roetes saamvloei vanaf die Midde-Ooste, vanaf die Indusvallei deur die passe oor die Hindoekoesj, uit die Verre Ooste via die Tarim-bekken, en vanaf die aangrensende Eurasiese steppe.

Die Pasjtoe-taal wat vandag in Afghanistan gepraat word, is een van die Oosterse Irannese tale. Elena E. Kuz'mina argumenteer dat die tente van Irannesesprekende nomades van Afghanistan uit die ligte oppervlaktehuise van die Eurasiese steppergordel in die Bronstydperk ontwikkel het.[12]

Die Arabiese invalle het die kultuur van Afghanistan beïnvloed, en die pre-Islamitiese tydperk van die Zoroastriese, Masedoniese, Boeddhistiese en Hindoe-verlede het lankal heeltemal verdwyn.

Mirwais Hotak, gevolg deur Ahmad Shah Durrani, het Afgaanse stamme verenig en die laaste Afgaanse Ryk in die vroeë 18de eeu nC gestig.[13][14][15][16] Afghanistan word deur baie en uiteenlopende volke bewoon: die Pasjtoene, Tadjiks, Hasara, Oesbeke, Turkmene, Aimake, Beloetsje en andere.

  1. (en) "Country Profile: Afghanistan" (PDF). United States: Library of Congress Country Studies on Afghanistan. Augustus 2008. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2015. Besoek op 16 Augustus 2010.
  2. (en) "Afghanistan: The Pre-Islamic Period". United States. 1997. Besoek op 16 Augustus 2010.
  3. (en) Dupree, Nancy Hatch (1977). An Historical Guide To Afghanistan (Chapter 3: Sites in Perspective) (2 uitg.). United States: Afghan Air Authority, Afghan Tourist Organization. p. 492. Besoek op 22 Augustus 2010.
  4. (en) Shroder, John Ford (2006). "Afghanistan". Microsoft Encarta Online Encyclopedia. Microsoft Corporation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2009. Besoek op 31 Oktober 2009.
  5. https://www.britannica.com/place/Bactria
  6. The Ancient Indus: Urbanism, Economy, and Society. bl.1
  7. (en) "Alexander and Macedonian Rule, 330-ca. 150 B.C". United States: Library of Congress Country Studies on Afghanistan. 1997. Besoek op 31 Oktober 2010.
  8. (en) "Kingdoms of South Asia – Afghanistan (Southern Khorasan / Arachosia)". The History Files. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2019. Besoek op 16 Augustus 2010.
  9. (en) Banting, Erinn (2003). Afghanistan: The land. Crabtree Publishing Company. p. 4. ISBN 0-7787-9335-4. Besoek op 22 Augustus 2010.
  10. (en) Adamec, Ludwig W. (2011). Historical Dictionary of Afghanistan. Scarecrow Press. p. 1. ISBN 0-8108-7957-3. Besoek op 28 Junie 2012.
  11. Afghanistan Beyond the Fog of Nation Building: Giving Economic Strategy a Chance. S. Frederick Starr "Archived copy" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 8 Julie 2013. Besoek op 28 Junie 2012.{{cite web}}: CS1 maint: archived copy as title (link)
  12. Elena E. Kuz'mina, The Origin of the Indo-Iranians (Leiden and Boston:Brill 2007), bl. 62.
  13. "Afghanistan and the Search for Unity" Bijan Omrani, published in Asian Affairs, Volume 38, Issue 2, 2007, bl. 145–157.
  14. (en) "Last Afghan empire". Louis Dupree, Nancy Hatch Dupree, and others. Encyclopædia Britannica Online Version. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2014. Besoek op 16 Augustus 2010.
  15. (en) "Last Afghan Empire". Afghanpedia. Sabawoon.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 16 Augustus 2010.
  16. (en) D. Balland "AFGHANISTAN x. Political History". Encyclopædia Iranica. URL besoek op 2010-08-22. 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search